fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra Cogta om in te gryp nadat Merafong weer dae sonder water is

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Mzikayifani Khumalo, versoek om dringend in te gryp by die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) oor ‘n verwarrende waterprobleem.

Die munisipaliteit moes weer vir ‘n paar dae sonder enige water klaarkom.

Die vermoede het eers bestaan dat Randwater Merafong se watertoevloei verlaag het weens wanbetaling.

Die blyk toe om moontlik ‘n waterpyp te wees wat verlede Vrydag op die R501 tussen Carletonville en Oos-Driefontein gebars het.

Die gebied van Khutsong, Carletonville, Fochville en Driefontein se reservoirs het leeggeloop en die VF Plus-raadslid het ingegryp om watertrokke te reël.

Randwater het in Januarie in ‘n brief aan die munisipaliteit gedreig om watervloei tot tussen 20- tot 30% te verlaag indien die munisipaliteit nie ʼn gedeelte van sy uitstaande skuld betaal nie. Die munisipaliteit skuld Randwater R838 237 998.

Vergaderings tussen die munisipaliteit en Randwater het daartoe gelei dat die munisipaliteit onderneem het om ‘n maandelikse bedrag van R40 miljoen aan Randwater te betaal.

Die munisipale bestuurder, mnr. Dumisani Mabuza, het ná die vergadering in ‘n verklaring gesê die waterprobleem het ontstaan omdat Randwater onder druk is en water verminder is weens munisipaliteite se hoë waterverbruik.

Die VF Plus dring daarop aan dat die munisipale bestuurder sowel as Randwater eerlik met inwoners moet wees en hulle vroegtydig waarsku wanneer watervermindering gaan plaasvind.

Hulle kan nie eers die blaam op ‘n gebarste pyp plaas en dan weer te kenne gee dat water verminder is weens die hoë verbruik van munisipaliteite nie.

Die party is nie oortuig dat die bankrot munisipaliteit sy nuwe afbetalingsooreenkoms van R40 miljoen per maand kan nakom nie. Die munisipaliteit het nie die geld nie.

Die VF Plus het die LUR versoek om in te gryp by Merafong se voortslepende verwarrende waterprobleme.

Die party se raadslede sal ook die situasie noukeurig volg en druk op die munisipaliteit plaas om sy nuwe ooreenkoms na te kom om verdere waterverminderings te vermy.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.