Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Waghond oor munisipaliteite funksioneer self nie

"Die departement van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (CoGTA) wat onder meer verantwoordelik is vir munisipaliteite se funksionering, funksioneer self nie behoorlik nie, volgens dié departement se eie jaarverslag," sê Michal Groenewald, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van samewerkende regering.

"Die ouditeur-generaal (OG) wou geen mening uitspreek oor die korrektheid van die departement se state nie weens die onbetroubaarheid van die van die inligting wat verskaf is, en dit nadat dit boonop laat ingedien is.

"Die OG se bevinding oor die werkers-indiensnemingsprogram is ‘n bewys dat die program deurtrek is van korrupsie en bedrog waar amptenare en mense wat reeds gesterf het, steeds as begunstigdes gelde ontvang.

 

"Die korrupsie en bedrog se wortels is selfs dieper as met staatskaping waar daar vir dienste betaal word nog voordat sulke dienste verskaf word."

 

"Die feit dat die minister van CoGTA, Nkosazana Dlamini-Zuma, nie parlementêre vrae in dié verband antwoord wat die VF Plus aan haar stel nie en soos vandag selfs nie in die parlement teenwoordig was waar die aansuiweringsbegroting bespreek is om vrae te beantwoord nie, dui op haar ongeërgdheid oor sake van kritieke landsbelang.

 

"Dit is kommerwekkend dat die ANC nie die verantwoordelikheid wil aanvaar vir die swak wyse waarop hy regeer nie en die optrede van minister Dlamini-Zuma is ‘n sprekende voorbeeld hiervan."

 

"Met die aansuiweringsbegroting moes die departement eerder geld weggeneem het by die departement van samewerkende regering en eerder vir rampbestuur gegee het om ‘n bydrae te lewer tot lewensnoodsaaklike droogteverligting in stede daarvan om korrupsie en bedrog te finansier," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.