Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Belastingbetalers kan nie langer die ANC-regering se mislukkings finansier nie

"Die gans wat die goue eiers lê en wat moet betaal vir die ANC se mislukkings – die belastingbetaler – kan nie meer nie," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van finansies.

"Dit is ook nie nodig vir enigiemand om die staande komitee oor begrotings by te woon om te kan sien die land is in groot moeilikheid weens die ANC se verkeerde prioriteite oor 25 jaar nie. Die ANC het toegelaat dat openbare ondernemings, departemente en alle vlakke van regering leeg geplunder word sonder enige gevolge hoegenaamd.

 

"Die ANC erken self die probleme het ontstaan weens ‘n gebrek aan vermoë. Hierdie tekort is die ANC se eie maaksel aangesien die verkeerde mense oor 25 jaar aangestel is, mense wat nie daarin belang gestel het om te werk nie."

 

"Die aansuiweringsbegroting is daarop gemik om besteding in te kort, maar dit is reeds te laat daarvoor.

 

‘n Voorbeeld van die ANC se vermorsing is hoe Jackson Mthembu, die ANC se destydse LUR vir paaie en vervoer in Mpumalanga, in 1997 gesê het die aankoop van BMW-motors vir sy provinsiale departement is belangrik aangesien hy ‘n ‘leier in sy gemeenskap is’ en daar nie van hom verwag kan word om met ‘n “1600’-motor rond te ry nie.

 

"Die publiek van Suid-Afrika kry swaar weens hierdie houding. Groot sake-ondernemings speel bankrot en die landelike ekonomie is op sy knieë as gevolg van ‘n gebrek aan ekonomiese ontwikkeling en die feit dat infrastruktuur in duie stort.

"Die ANC maak nou staat op die privaatsektor om die ekonomie te laat groei en die land te red deur beleggings. Die regering en sy meeloper die EFF maak dit egter al hoe moeiliker vir dié sektor om te groei, maar staan dan bakhand by die einste sektor om hom uit die verknorsing te red. Net die privaatsektor kan werk skep in die land.

"Wat Eskom aanbetref, is dit skokkend dat die departement van openbare ondernemings wat veronderstel is om ‘n oorsig oor die kragvoorsiener te doen, self R13,2 miljoen se uitstaande skuld aan Eskom het.

"Dit is onaanvaarbaar. Die regering skuld geld aan homself en betaal nie sy uitstaande skuld nie. Dit is waarom die fiskus bankrot is en die situasie nie sal verbeter solank die ANC regeer nie," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.