fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaat se vervalle infrastruktuur: Ouditverslag ontbloot ANC skerm vir kontrakkaders

Dit blyk duidelik uit ʼn verslag van die ouditeur-generaal (OG) dat die Vrystaatse ANC-regering nie teen swak kontrakteurs optree nie en hulle eerder beskerm.

Die gebrek aan daadwerklike optrede teen nie-presterende kontrakteurs was een van die bevindings in die OG se 2023/24-ouditverslae vir die Vrystaat wat voor die wetgewer se openbare rekeningekomitee (Propac) gedien het.

Ten spyte van regulasies van die nasionale tesourie (NT) wat vereis dat swak presterende kontrakteurs aangemeld moet word om te verhinder dat hulle weer met die regering sake doen, tree die Vrystaat traag op en beskerm hulle eerder as om hulle aanspreeklik te hou.

Die Vrystaat is deurspek met onvoltooide infrastruktuurprojekte wat sloer weens onbevoegde kontrakteurs.

So is die Mantsopa-hospitaal op Ladybrand wat in 2019 reeds voltooi is, steeds nie ten volle in gebruik nie en gevandaliseer.

Herstelwerk aan die Tweespruit/Excelsior-pad is vir vier maande gestaak weens ʼn dispuut tussen die kontrakteur en die departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer.

Dié departement het intussen ʼn verlies van meer as R74 miljoen gely weens die onderbesteding van R105 miljoen aan ʼn padhersteltoelaag. Hierdie onderbesteding het daartoe gelei dat fondse wat vir infrastruktuur bedoel was, aan ander provinsies verbeur is.

Die OG het verder daarop gewys dat sekere departemente wel hul begrotings ten volle bestee, maar steeds nie hul jaarlikse teikens bereik nie.

Dit dui op die vermorsing van fiskale hulpbronne wat nie dienslewering of Vrystaters se lewensgehalte verhoog nie. Fondse word gebruik, maar daar is nie waarde vir geld nie.

Die kern van hierdie infrastruktuurmislukkings lê in die ANC se beheptheid met sy uitgediende beleide van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging wat ʼn rookskerm is om ʼn handjievol kaders se beursies te laat bult.

In die Vrystaat word kontrakkaders beskerm terwyl infrastruktuur en dienste verval.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.