fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrede Suiwel: NVG se besluit skep indruk van politieke beskerming en inmenging

"Die besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om klagte teen alle beskuldigdes van die Vrede-suiwelsage te laat vaar, skep die indruk dat daar politieke inmenging en beskerming in die ondersoek bestaan," sê Tammy Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaat.

Die VF Plus vind die verskoning van die NVG, dat hy gesukkel het om samewerking van Indiese- en Arabiese Verenigde Emirate-owerhede te kry, vreemd, aangesien prominente figure in die Vrystaatse regering in hegtenis geneem is.

Wessels die die vervolging was op die oog af gebou op sterk bewyse. 

"Die feit dat die voormalige hoof van die Vrystaatse departement van landbou, Peter Thabete, en die finansiële hoof, Sylvia Dlamini, in hegtenis geneem is, sou beteken dat die NVG se klagtes op sterk bewyse gegrond sou wees.

"Die vraag is nou of die ondersoek nie deeglik gedoen is nie, en of dat daar moontlik politieke faktore bestaan wat die vervolging van die beskuldigdes beïnvloed.

"Die ondersoek na staatskaping ontwikkel toenemend ‘n geur van politieke inmenging. Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, is nog nie versoek om voor die Zondo-kommissie van ondersoek te verskyn nie

"Intussen word Magashule gereeld geïmpliseer by ongerymdhede waar die Gupta-familie betrokke was.

"Die VF Plus sal die besluit van die NVG bestudeer en verdere stappe oorweeg. Om te verseker dat ‘n deeglike ondersoek na staatskaping gedoen word, sal die VF Plus regter Raymond Zondo amptelik versoek om Magashule voor dié kommissie te laat getuig om bewerings van staatskaping in onder meer die Vrystaat te verduidelik.

"Staatskaping en gevolglike politieke beskerming aan individue wat moontlik daarby betrokke was, is ernstige bewerings. Dit sal fataal wees as prominente politici en amptenare nie weens swak ondersoeke of inmenging op politieke vlak nie vervolg word.

"Die VF Plus sal aanhou terugslaan teen die ANC se korrupte misbruik van die Vrystaat se bronne. In 2019 het kiesers ook die geleentheid om die plundering van die Vrystaat by die stembus te stuit," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.