fbpx
Vryheidsfront Plus

Voorgestelde steenkoolmyn in Heidelberg kan groot skade aan huise, natuurreservaat en historiese begraafplaas aanrig

Die VF Plus het tydens die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) se jongste raadsvergadering, sy teenkanting uitgespreek teen die aansoek van ‘n mynhuis vir die ontwikkeling van ‘n steenkoolmyn in Heidelberg (Gauteng).

Die ontwikkeling van ‘n steenkoolmyn in dié gebied hou omvattende gevolge in vir die omgewing, inwoners en infrastruktuur.

Prospektering sal ‘n negatiewe impak hê op landbou- en weermaggrond, die Suikerbos-natuurreservaat, private wonings en paaie. Die aangrensende dorpe aan die Oos-Rand (Ekurhuleni-metroraad) word ook deur die beplande mynbedrywighede geraak.

Die VF Plus voorsien die volgende probleme met die beplande mynontwikkeling:

1. Die R550 tussen Heidelberg en Nigel, wat ‘n enkelbaanpad is, sal nie die bykomende druk van swaarvoertuig-verkeer kan hanteer nie.

2. Dit sal geleë wees langs die Bergsig-woonbuurt met ‘n bestaande skool en winkelsentrums.

3. Geraas-, lug- en waterbesoedeling sal toeneem weens die boor van prospekteergate en die gebruik van plofstof.

4. Dit is naby die Suikerbos-natuurreservaat en Blesbokspruit waar verskeie beskermende spesies voorkom.

5. Die Langlaagte-gebied beslaan ‘n gedeelte van ‘n Anglo-Boereoorlog-konsentrasiekamp en -begraafplaas.

6. Daar is ‘n militêre basis langs die beplande myngebied.

7. Die gebied maak deel uit van ‘n ontwikkelingsarea wat reeds geoormerk is vir die oprigting van ‘n industriële gebied en die uitbreiding van bestaande woonbuurte.

8. Daar is grondeise op sekere gedeeltes van die beoogde myngrond wat nog nie afgehandel is nie.

Die VF Plus sal die aansoek teenstaan om te verhinder dat die mynontwikkeling inwoners en die natuurlewe negatief beïnvloed. Die gemeenskap van Lesedi moet deur ‘n openbare deelname-proses geken word en hul besware moet in ag geneem word.

Kontaknommer: 072 547 0481

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.