"Die VF Plus het met kommer kennis geneem van die aanstelling van prof. Malegapuru Makgoba as Eskom se tussentydse voorsitter. Prof. Makgoba was nog die ombudsman vir gesondheid tydens ‘n sitting van die portefeuljekomitee vir gesondheid in Oktober 2019," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.
"Nie net spreek die VF Plus sy kommer uit oor die aanstelling aangesien prof. Makgoba ‘n leemte gaan laat in gesondheid nie, maar ook omdat die party meen sy aanstelling kan nie van enige waarde vir Eskom se probleme wees nie.
"Makgoba het tydens die vergadering verduidelik hoe effektief en groot die kantore van die ombudsman van Brittanje en Amerika is.
"Die VF Plus het toe die hoop uitgespreek dat die ombudsman se hulpbronne uitgebrei kan word om al die mediese klagtes wat vanaf die publiek instroom, effektief te kan ondersoek en afhandel."
"Die VF Plus wil sien dat daar so gou doenlik ‘n nuwe ombudsman vir gesondheid aangewys word wat oor dieselfde mediese kennis as prof. Makgoba beskik en dat daar hopelik meer aandag aan die kantoor van die ombudsman geskenk sal word.
"Dit sou die regte ding wees om te doen om eerder vir prof. Makgoba as ombudsman vir gesondheid te hou en hom uit Eskom se strukture te verwyder sodat sy kennis en talente ten volle benut kan word in die mediese wêreld waar daar omvanryke krisisse in die land se hospitale is weens nalatigheid," sê van Staden.