fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-ondersoek lê skokkende ongerymdhede bloot rondom munisipale voertuie

‘n Ondersoek van die VF Plus na die situasie rondom die bestuur en bedryf van munisipale voertuie in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein) in Noordwes, het skokkende ongerymdhede blootgelê wat dui om moontlike grootskeepse korrupsie en bedrog terwyl dienste aan inwoners ernstig daaronder ly.

Die VF Plus het ondersoek ingestel nadat vele klagte ontvang is vanaf munisipale departemente en afdelings wat nie hul werk kan doen nie en waar in sommige gevalle vir langer as drie maande geen werk gedoen is nie aangesien daar nie voertuie beskikbaar is nie. Voertuie wat wel op die rekords is, is meestal onklaar of onbeskikbaar weens verskeie redes.

Die munisipale werkswinkel is oënskynlik nie meer in staat om dienste te lewer nie en buitensporige bedrae word betaal aan private ondernemings vir herstelwerk.

Die VF Plus het ses ondernemings besoek wat as diensverskaffers gelys is wat gemoeid is met die herstel van voertuie. Al ses se kontrakte het verval en werk word gedoen op ‘n maandelikse grondslag.

Daar staan tans sowat 160 voertuie van Matlosana by hierdie maatskappye vir herstelwerk. Van die motors staan reeds jare by die maatskappye, in een geval so lank as elf jaar. Verskeie redes word aangevoer vir die gesloerdery met herstelwerk, soos die onbeskikbaarheid van onderdele.

Intussen word stoorgeld gehef wat in gevalle reeds meer beloop as wat die voertuie werd is. Van die voertuie is al so oud as twintig jaar. In ander gevalle is die koste van die herstelwerk selfs meer as dubbel die markwaarde van die voertuig.

Dit is slegs enkele van die probleme wat die VF Plus blootgelê het. Die party beskou die aangeleentheid in ‘n baie ernstige lig en sluit nie die moontlikheid uit dat daar bedrog en korrupsie betrokke kan wees nie.

Die VF Plus gaan derhalwe daarop aandring dat die situasie op die hoogste vlak bespreek en ondersoek word en sal die munisipale bestuurder in besonder vra om die moontlike ongerymdhede te ondersoek met die oog op strafregtelike klagte en vervolging.

Kontaknommer: 082 443 5569

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.