fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek president om Kopieregwet nie te onderteken

"Die VF Plus doen ‘n ernstige beroep om president Cyril Ramaphosa om die Wysigingswet op Kopiereg nie te onderteken," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel en nywerhede.

"Die VF Plus se mening is dat dit handelsverdrae tussen Suid-Afrika en lande in Afrika en oorsee ernstig in die gedrang kan bring weens die skadelike en ondeurdagte aard daarvan, net soos ander skadelike beleidsrigtings van die ANC.

"Die Amerikaanse  handelsverteenwoordiger in Suid Afrika, Robert Emmet Lighthizer, het pas aangekondig dat Suid-Afrika se status om in aanmerking te kom vir voorkeurhandel op 30 Januarie 2020 in Washington hersien sal word weens die wyse waarop die land omgaan met die beskerming van intellektuele eiendom.

"Amerika gebruik voorkeurprogramme om veral ontwikkelende lande te help om makliker toegang tot sy mark te verkry en maak voorsiening vir die belastingvrye invoer van sekere goedere.

 

"Die VF Plus deel die kommer van die Suid-Afrikaanse Koalisie vir Kopiereg dat die inwerkingstelling van die wet die land selfs soveel as R34 miljard in verlies aan uitvoerinkomste kan kos sou Amerika die voorkeurprogram met Suid-Afrika nie hernu nie."

 

"Meer as 6 000 produkte, waaronder vleis, vrugte, groente, edelmetale, chemikalieë, yster, staal en vervaardigde produkte, word deur die handelsooreenkoms geraak.

"Die president moet nou midde in die heersende ekonomiese klimaat daadwerklik in die belang van die Suid-Afrikaanse ekonomie optree en politieke ideologie opsy skuif," sê Mulder.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.