Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra dat Rand West City se webwerf opgedateer word

Die VF Plus het die munisipale bestuurder van die Rand West City-plaaslike regering (Randfontein, Westonaria), Thabo Ndlovu, versoek om die munisipaliteit se amptelike webwerf op te laat dateer.

Al die jongste inligting moet daarop beskikbaar wees om inwoners op hoogte te hou van munisipale aangeleenthede.

Tans is daar talle feite-foute en verouderde inligting op die webwerf wat ‘n swak indruk skep.

Van die kontaknommers waar inwoners probleme kan aanmeld, bestaan nie meer nie.

Van die skakels werk ook nie en uitnodigings aan inwoners om deel te neem aan die demokratiese prosesse van die munisipaliteit dateer uit 2019.

‘n Munisipaliteit se webblad is ‘n weerspieëling van daardie samelewing en moet volledig wees om inwoners op hoogte te hou van sake en om potensiële beleggers te lok.

Ongelukkig faal die Rand West City-raad se webwerf in hierdie oogmerke.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die munisipale bestuurder ten einde werk te maak om die webblad op te dateer en moderniseer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.