fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus betreur afsterwe van Thys Davids, VF Plus-raadslid in Potchefstroom

Die VF Plus betreur die afsterwe van Thys Davids, VF Plus-raadslid in Potchefstroom Vrydagaand.

Thys was lank by die VF Plus se partystrukture betrokke en is in 2021 tot raadslid in die JB Marks-plaaslike munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, verkies.

Hy het bekendheid in die gemeenskap verwerf deur sy toeganklikheid en nougesette dienslewering aan die Potchefstroomse gemeenskap.

Met sy kundigheid en tegniese vaardighede in die instandhouding van infrastruktuur het hy ‘n groot bydrae tot dienslewering in die munisipaliteit gelewer.

Hy het in raadskomitees respek afgedwing oor partygrense heen met sy uitgebreide ervaring en konstruktiewe bydraes en het groot waarde toegevoeg tot die werking van die munisipale raad.

Die VF Plus het groot waardering vir al die boodskappe van meegevoel wat ontvang is van ander politieke partye en vanuit die Potchefstroomse gemeenskap.

Die party wens sy vrou Alicia en kinders, Erigh, Tracy en Christo sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.