fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Tshwane-metro se begrotingsrede

Die VF Plus verwelkom die begroting van die Tshwane-metroraad vir die 2022/23 finansiële jaar.

Die VF Plus is deel van die koalisieregering en het aktief deelgeneem aan die proses om ‘n begroting daar te stel wat gefokus is op stabiliteit en die lewering van basiese dienste.

Die begroting beloop R44,9 miljard waarvan R42,1 miljard vir operasionele uitgawes en R2,1 miljard vir kapitale besteding.

Die VF Plus verwelkom veral die volgende hoogtepunte wat ‘n deurslaggewende rol sal speel om basiese dienste te stabiliseer:

• R5,4 miljard vir die waternetwerk wat die Rooiwal- en Ekangala-watersuiweringsaanlegte insluit.
• R11,9 miljard vir die elektrisiteitnetwerk.
• R88 miljoen vir straatligte.
• R68 miljoen vir die aanstelling van ‘n doelgerigte invorderingspan.
• Verhoogde boetes, R200 000 vir residensieel en R10 miljoen vir ondernemings, wanneer onregmatig aan water- en kragmeters gepeuter word.
• R25 miljoen vir die rehabilitasie van die Centurionmeer.
• R23 miljoen vir die herstel van Tshwane se Wi-Fi-netwerk.

Alhoewel die VF Plus die begroting verwelkom, is daar steeds ruimte vir verbetering wat aangespreek sal word met die volgende begrotings-siklus wat reeds in Julie 2022 afskop.

Die begroting sal hierdie week formeel deur die metroraad oorweeg word.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.