Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Ehlanzeni se ingryping by Thaba Chweu-krisis

Die VF Plus verwelkom die ingryping van die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit (EDM) by die voortslepende waterkrisis in die Thaba Chweu-plaaslike munisipaliteit (Graskop, Lydenburg, Mashishing, Pilgrim's Rest, Sabie).

Amptenare van verskeie departemente van Ehlanzeni gaan vir drie maande na die Thaba Chweu-munisipaliteit gestuur word in 'n toesighoudende rol. Daar is ook R4.9 miljoen begroot om die sukkelende munisipaliteit se dienslewering te verbeter.

Die huidige waterkrisis wat dié munisipaliteit ervaar, het nie oornag ontstaan nie. Swak beplanning van munisipale kant speel ‘n groot rol. Infrastruktuur soos pyplyne, damme, watersuiweringsaanlegte en waterpompe wat nie in stand gehou word, dra by tot die probleem.

‘n Groot aantal waterlekkasies word nie herstel nie wat water verlore laat gaan. Daar is oënskynlik geen kundige op die gebied van waterbestuur in Thaba Chweu nie.

Thaba Chweu se vuisvoos inwoners ly al vir jare onder die ANC-regering se wanbestuur.

Daar sal streng administratiewe maatreëls in plek gestel moet word om hierdie proses te monitor om te voorkom dat die probleem weer in die toekoms ontstaan.

Die VF Plus sal seker maak dat daar oor drie maande weer na die situasie gekyk word. Sou hierdie poging onsuksesvol blyk te wees, is die volgende moontlikheid dat EDM waterverskaffing in Thaba Chweu oorneem. Die VF Plus sal maandeliks op 'n vorderingsverslag aandring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.