fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom amnestie vir vuurwapens

Die VF Plus verwelkom die besluit van die minister van polisie, Bheki Cele, om ‘n amnestieperiode van ses maande van die parlement aan te vra waartydens onwettige vuurwapens ingehandig kan word by die polisie.

"Die verlede het aangetoon dat geen vuurwapen wat ingehandig is, vantevore in ‘n misdaad gebruik is nie," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-lieier.

Groenewald sê dit dien as bewys dat ‘n amnestie misdadigers nie aanspoor om hul wapens in te handig nie.

Die amnestieperiode bied nogtans ‘n geleentheid aan vuurwapeneienaars, wat nagelaat het om betyds aansoek te doen om die hernuwing van hul vuurwapenlisensies, om van nuuts af aansoek te doen vir ‘n lisensie vir dieselfde vuurwapen.

Die proses wat nou moet volg, is dat die besluit eers op 16 Augustus deur die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie goedgekeur moet word, en daarna deur die nasionale vergadering.

"Dié amnestieperiode is ook ‘n gulde geleentheid vir eienaars van vuurwapens, waarvan die lisensies reeds veral het, om die wapens in te handig en daarna ook deur middel van ‘n nuwe lisensie-aansoek eienaarskap van die vuurwapen te kan kry," sê Groenewald.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.