fbpx
Vryheidsfront Plus

Vullis vir 21 dae nie verwyder weens onpadwaardige voertuie

Onverwyderde vullissakke in Bothaville en Wesselsbron se strate is ‘n sigbare simbool van hoe die ANC se plundering in die Vrystaat ook Nala in die afgrond in bestuur het.

Onpadwaardige diensleweringsvoertuie in die Nala-plaaslike munisipaliteit en ‘n sloerstaking deur munisipale werkers is die rede waarom vullis vir die afgelope 21 dae nie in Bothaville en Wesselsbron verwyder word nie.

Inwoners wat met die VF Plus kontak gemaak het, is raadop weens die feit dat hulle nie vullisverwyderingsdienste ontvang nie.  Intussen is munisipale werkers op ‘n sloerstaking, moontlik weens die feit dat die voertuie nie padwaardig is nie.

Die VF Plus se Raadslid in Nala plaaslike-munisipaliteit, Des Reed, het na verskeie gesprekke met en beloftes deur die munisipale bestuurder van Nala, Chris Mokomela, die munisipaliteit amptelik versoek om te verseker dat die voertuie padwaardig gemaak word sodat dienste gelewer kan word.

Mokomela is ook gevra om dringend oplossings vir die sloerstaking deur munisipale werkers te vind, aangesien werkers tans betaling kry vir werk wat nie gedoen word nie.

Die VF Plus het verneem dat die onpadwaardige voertuie deur middel van eenvoudige en bekostigbare herstelwerk padwaardig gemaak kan word.  Die politieke wil en behoorlike bestuursvaardighede om eenvoudige herstelwerk aan diensleweringsvoertuie te doen ontbreek egter by die ANC-regeerde munisipaliteit.

"Dit kan nie toegelaat word dat betalende inwoners, wat ‘n belangrike bron van inkomste vir die munisipaliteit se begroting is, nie kritiese dienste ontvang nie.

"‘n Gebrek aan vullisverwyderingsdienste hou nie net ‘n gevaar vir die omgewing in nie, maar is ‘n ernstige gesondheidsrisiko vir inwoners van die geaffekteerde gemeenskappe.

"Nala se munisipale salarisrekening beslaan 35% van die bedryfsuitgawes teen R139 miljoen vir die 2018/19 finansiële jaar en steeds word daar nie voldoende dienste deur munisipale amptenary gelewer nie. 

"Intussen sien inwoners nie ‘n sent van die nasionale regering se jaarlikse billike aandeel nie, aangesien dit weens swak bestuur aan afbetalingsooreenkomste vir skuldeisers spandeer word.

"Nala kan nie aanhou om kontantvloeiprobleme as verskoning vir die gebrek aan dienste te gebruik terwyl betalende inwoners getrou hulle heffings betaal en nie dienste ontvang nie," sê Reed.

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.