fbpx
Vryheidsfront Plus

GAUTENG: Wie word almal beskerm die ANC en beloon hulle met posisies?

"Die ANC in Gauteng beskerm duidelik die twee omstrede persone Qedani Mahlangu en Brian Hlongwa, wat die vraag laat ontstaan waarom hulle deur die ANC beskerm word," sê Philip van Staden, VF plus-LPW in Gauteng.

Mahlangu en Hlongwa se verkiesing die afgelope naweek op die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) volg op skandale in Gauteng se gesondheidsdepartement.

Qedani Mahlangu het destyds as die Gautengse LUR vir gesondheid bedank na die Life Esidimeni-skandaal waar nagenoeg 144 pasiënte gesterf het.  

Brian Hlongwa het op sy beurt, toe hy die LUR vir gesondheid was, was glo betrokke by korrupsie van nagenoeg R1,2 miljard gepleeg.

"Die ANC het nog geen dissiplinêre aksies teen Hlongwa of Mahlangu geneem nie, aangesien  “die party se integriteitskommissie besig is met die ondersoek.” Intussen het die gesondheidsdienste in die provinsie heeltemal in duie gestort en miljoene lewens word daagliks op die spel geplaas omrede daar nie voldoende gesondheidsdienste aan die publiek gelewer kan word nie. 

"Die VF Plus is daarvan oortuig dat die tyd sal wel leer wie nog by hierdie twee skandale betrokke is.

"Die ANC is dit aan die publiek in Gauteng verskuldig om te verduidelik waarom die interne ondersoeke nie afgehandel word nie en wie nog beskerm word.

"Laksheid om teen Mahlangu en Hlongwa op te tree, skep die indruk dat ander prominente ANC-individue in die provinsie moontlik by korrupte aktiwiteite betrokke kan wees.

"Die ANC gebruik sy bekende ANC-taktiek om nie net Mahlangu en Hlongwa te beskerm nie, maar ook ander korrupte individue. Die politieke-invloed van Mahlangu en Hlongwa binne die ANC wys op die vervalle interne strukture en swak ANC-leierskap.

"Kriminele klagtes teen Mahlangu en Hlongwa blyk tans nie hoog op die ANC se prioriteitslys te wees nie en korrupte politici sal aanhou om Gauteng onder die beskerming van die ANC te plunder.

"Die ANC sal gevolglik bereid moet wees om ‘n baie duur prys in die 2019-verkiesing te betaal wanneer kiesers in Gauteng hom by die stembus verwerp," sê Van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.