fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek dringende aksieplan om N11 deur Hendrina te beveilig

Die VF Plus het die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) versoek om dringend ‘n noodplan in werking te stel om te voorkom dat inwoners se veiligheid verder bedreig word deur ertsvragmotors wat deur Hendrina ry.

Die N11- en R38-toegangroets wat deur die dorp loop, moet soos in die geval van die N11 in Middelburg met ‘n verkeersirkel en spoedhobbel toegerus word om ertsvragmotors en ander voertuie te dwing om spoed te verminder. Dié maatreëls in Middelburg is ‘n reuse sukses.

Sigbare polisiëring moet ook opgeskerp word op die twee roetes.

'n Paar dae gelede het 'n man van Hendrina, Ruan Groenewald, ternouernood aan die dood ontkom toe geparkeerde vragmotors sy sig versper het en hy nie aankomende verkeer in die hoofstraat kon sien nie.

Hy is uit sy voertuig geslinger tydens die botsing met ‘n aankomende voertuig.

Volgens mediaberigte is die verkeersvolume op die N11 sowat 2500 tot 3000 voertuie per dag wat in een rigting ry, waarvan die meeste swaarvoertuie is.

Die VF Plus se LPW in die Mpumalanga-wetgewer, Werner Weber, het ook die LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, Mohita Latchminarian, versoek om in oorleg met Sanral, wat verantwoordelik is vir die instandhouding van die N11, dringend ‘n verkeersveiligheidsplan in werking te stel om dié roete te beveilig.

 

Navrae: 082 338 4239 / 066 376 3329

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.