fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek dat Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstoestelle terugverwys word na Nedlac

Die VF Plus het die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid versoek dat die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels van 2022 weens verskeie probleme terugverwys word na nasionale ekonomiese, ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac).

Met dié wetsontwerp word beoog om streng regulasies neer te lê wat die gebruik, verpakking en advertering van tabakprodukte aanbetref.

Die party het ʼn amptelike skrywe hieroor gerig aan die voorsitter van die komitee, dr. Sibongiseni Maxwell Dhlomo. Die komitee is tans besig om met die wetgewing te handel.

Dit volg nadat Nedlac verlede maand (6 September) die departement van gesondheid luidens mediaberigte daarvan beskuldig het dat hy sake-, arbeids- en ander maatskaplike vennote geminag het voordat die wetgewing in die parlement ter tafel gelê is.

Nedlac het onder meer aangevoer dat daar geen konsultasie oor die wetsontwerp plaasgevind het nie en het daarop aangedring dat die parlementêre proses rakende die wetsontwerp gestaak word.

Die VF Plus wys in die skrywe aan Dhlomo daarop dat die departement in sy voorlegging aan die portefeuljekomitee op 4 September nie oop kaarte gespeel het nie en die komitee onder die indruk probeer bring het dat daar wel met die sake- en arbeidsektore gekonsulteer is terwyl Nedlac dit nou ontken.

In die lig hiervan versoek die VF Plus dat die parlementêre prosesse vir eers op ys geplaas word totdat die kwessie met Nedlac opgelos is om onvermydelike regsaksies te vermy.

Die probleme rondom die wetgewing was met die sitting op 4 September duidelik en die VF Plus het toe reeds gewaarsku dat dit nie goed deurdink was nie en eerder na Nedlac terugverwys moet word.

Die VF Plus het ontvangserkenning vir sy skrywe ontvang en sal die situasie monitor.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.