Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek dat bou-aktiwiteite by vleiland ondersoek word

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die burgemeester van die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (EPM), Conny Nkalitshana en die direkteur vir plaaslike omgewingsake, Nonkululeko Mthombeni, gevra om dringend die bou-aktiwiteite wat 'n skadelike impak op 'n vleiland kan hê, te ondersoek.

Die vleiland in Reynoridge in EPM (Kriel, Ogies, Phola, Emalahleni / Witbank) dreineer stadig nadat 'n plaaslike gastehuis verlede jaar Maart begin het om ‘n trou-venue in die vleiland oorkant die straat van die gastehuis te bou.

Die VF Plus kon tot dusver nie bevestiging kry dat daar wel wetlike bouplanne of 'n omgewingsimpakstudie gedoen is nie.

Die VF Plus het die bewyse hiervan vanaf die munisipaliteit versoek.

Indien die munisipaliteit nie die nodige dokumentasie kan lewer nie, sal die VF Plus 'n klag by die Groen Skerpioene indien en vra dat 'n ondersoek gedoen word.

Die opdroog en verlies van vleilande moet om verskeie redes voorkom word. Wanneer daar minder vleilande beskikbaar is om besoedelingstowwe uit oppervlakwater te filtreer, kan daardie stowwe meer gekonsentreerd word in die oorblywende vleilande.

Vleilandverlies kan ook habitat, landskapdiversiteit en simbiose tussen akwatiese hulpbronne verminder.

Volgens die Handves van Regte moet die omgewing beskerm word ter wille van huidige en toekomstige geslagte deur ekologiese agteruitgang te voorkom.

Die VF Plus sal druk plaas op die munisipaliteit om sy verantwoordelikheid na te kom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.