fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus verkla munisipaliteit by MRK weens rioolvuil by kinderhuis

Die VF Plus het Maandag ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen die Modimolle-Mookgopong-plaaslike munisipaliteit ingedien oor onaanvaarbare besoedeling by ‘n kinderhuis in Nylstroom wat ‘n groot gesondheidsrisiko inhou.

Rioolvuil loop ‘n geruime tyd reeds agter die Abraham Kriel-kinderhuis in Olienhoutstraat in Nylstroom in ‘n veld uit.

"Die munisipaliteit en wyksraadslid van wyk 12 in die dorp dra lank reeds kennis daarvan, maar niks word aan die probleem gedoen nie. Die munisipaliteit het glo nie die blokkasie wat die rioollekkasie veroorsaak het, reggemaak nie en het bloot ‘n sloot gegrawe sodat die riool in die veld by die kinderhuis kan uitloop," sê Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo.

"Dit is die munisipaliteit se plig om toe te sien dat behoorlike dienste tot voordeel van die hele gemeenskap gelewer word. Nie net versaak hy sy plig nie, maar pleeg in die proses ‘n growwe skending van die regte van alle inwoners en veral van die kinders deur toe te laat dat die omgewing besoedel word.

"Suid-Afrika se Grondwet bepaal dat elkeen die reg het op ‘n omgewing wat nie skadelik is vir sy gesondheid of welstand nie.  Hierdie skending moet dadelik stopgesit word en die VF Plus het daarom die MRK se dringende ingryping versoek," sê Maritz.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.