Die VF Plus as veelparty-koalisievennoot in Johannesburg steun die stad se aangepaste begroting vir 2018/19. Die rede hiervoor is dat die operasionele begroting ‘n groot besparing getoon het en oor die afgelope ses maande is meer belasting ingevorder.
Die gevolg is dat ‘n bedrag van R696 miljoen aan kapitaal-projekte bestee kan word. Dié geld word soos volg verdeel:
"Goeie nuus vir mense wat in munisipale woonstelle en tehuise vir bejaardes woon, is dat R50 miljoen bestee gaan word om dié geriewe op te gradeer,: sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in die Johannesburgse metroraad.
‘n Verdere R50 miljoen is begroot vir die onderhoud van rioolpype en R135 miljoen sal aan die infrastruktuur van paaie bestee word. Bogenoemde bedrae is bykomend aangewys en sal die bestaande 2018/19-begroting aanvul.
"Die raad het reeds teen middel verlede jaar ‘n begroting van 6% op alle instandhoudings projekte goedgekeur. Dit is drie keer hoër as die ANC se 2% in die tydperk wat hy in beheer van Johannesburg se metroraad was.
"Die VF Plus as koalisievennoot speel ‘n integrale rol om te verseker dat die aangepaste begroting geïmplementeer word en dat dit in die belang van elke inwoner en veral belastingbetalers van Johannesburg is. Dit is hoe die VF Plus sy bydrae lewer om terug te slaan teen swak dienslewering," sê De Lange.