fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus trots op parlementslid Wouter Wessels onder land se mees invloedryke jong mense

"Die VF Plus is trots op die aanwysing van een van sy parlementslede en nasionale swepe, mnr. Wouter Wessels, as een van die honderd mees invloedryke jong mense in Suid-Afrika vir 2020," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die bekende skakel- en graderingsmaatskappy Avance Media doen jaarliks hierdie beoordeling en het mnr. Wessels ook vir 2018 op hierdie wyse vereer.

"Hierdie aanwysings fokus daarop om hardwerkende en uitstaande jong mense te vereer vir hul prestasies. Wat vanjaar se lys aanbetref, is in besonder gefokus op persone wat uitgestaan en buitengewoon goed gepresteer het te midde van die Covid-19-pandemie.

 

"Die VF Plus is trots daarop om iemand soos mnr. Wessels in ons geledere te hê. Hy is hardwerkend en bekwaam en verdien die eer wat hom op hierdie wyse toegedeel is."

 

"As leier van die VF Plus sien ek dit ook as bewys dat die party kwaliteit-parlementslede in sy geledere het wat hard werk om ‘n toekoms te skep vir die volgende geslag inwoners van die land.

"Die VF Plus sal voortgaan om jong mense aan te moedig om betrokke te raak by die party om saam te help werk en bou aan ‘n beter toekoms. Hierdie toekenning sal dien as inspirasie vir ander jeugdiges om, soos mnr. Wessels, na die hoogste sport te streef," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.