Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun verwydering van onwettige strukture in Krugersdorp

Die VF Plus steun die verwydering van onwettige strukture in die middedorp van Krugersdorp, Wes-Krugersdorp en die omgewing rondom die Eeufeesdam.

Die skoonmaak-aksie volg nadat talle klagtes van inwoners by die departement van gemeenskapsveiligheid en die VF Plus aangemeld is.

Inwoners het nie meer veilig gevoel om die sakekern van Krugersdorp besoek nie weens die tientalle strukture, bedelaars en menslike afval op die sypaadjies.

Ondernemers het ook gekla dat die inwoners van die informele strukture skade aan hul persele aanrig en hul bedrywighede kniehalter.

Die strukture, hoofsaaklik van plastiek, karton en bakstene, word aangrensend aan sakepersele opgerig.

Spuitnaalde, messe, stukkende vuil komberse en selfs ‘n pistool is binne van die strukture gevind. Geen persoonlike eiendom is verwyder nie.

Volgens Mogale City se munisipale verordeninge mag geen onwettige struktuur in ‘n openbare munisipale gebied opgerig word nie.

Die departement sal gereeld probleemgebiede besoek om onwettige strukture te verwyder.

Mogale City beskik oor ‘n groot hoeveelheid huise van veiligheid waar daklose mense gehuisves word.

Mogale City (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) is ‘n groeiende munisipaliteit en die oprig van onwettige strukture en die gepaardgaande misdaad en besoedeling, belemmer ekonomiese groei en bedreig inwoners se veiligheid.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.