Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie salarisverhoging vir raadslede van Wes-Rand-distriksmunisipaliteit

Die Wes-Randse distriksmunisipaliteit staan op die rand van ineenstorting en daarom kan die VF Plus nie ʼn salarisverhoging vir raadslede steun nie.

Dié distriksmunisipaliteit wat bestaan uit die plaaslike munisipaliteite van Rand-West, Merafong en Mogale City, se uitstaande skuld oorskry sy inkomste en om ʼn salarisverhoging te steun stoot die munisipaliteit net verder in die rooi.

Die distriksmunisipaliteit is afhanklik van toelaes van die provinsiale en nasionale regering om onder meer paaie in stand te hou. Hy moet ook brandweer- en ambulansdienste aan die onderskeie plaaslike munisipaliteite verskaf.

Die distriksmunisipaliteit het egter reeds in die eerste kwartaal van die 2024/25-finansiële jaar ʼn verlies van R10,7 miljoen getoon.

Hy skuld ook R8 miljoen aan die Rand-West-plaaslike munisipaliteit aan erfbelasting, water- en kragverbruik vir sy kantore in Randfontein.

Dié gebou in Sesdestraat is so vervalle dat die stukkende dak nie meer water kan weghou nie. Elke keer as dit reën, oorstroom kantore en moet werkers skarrel om meubels weg te skuif.

Die VF Plus is nie gekant teen verhogings vir amptenare en raadslede nie, maar nie ten koste van inwoners wat reeds gebuk gaan onder swak dienslewering nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.