Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun kultuur van betaling in Ekurhuleni, maar amptenare moet opleiding ondergaan

Die VF Plus steun ʼn veldtog van die Ekurhuleni-metro se nuwe burgemeesterskomiteelid vir finansies, Jongizizwe Dlabathi, om ʼn kultuur van betaling onder inwoners aan te moedig.

Die VF Plus het egter die metro gewaarsku dat die fout nie net by inwoners lê nie, maar ook by onopgeleide amptenare.

Indien die metro nie toesien dat amptenare en bestuurders van kliëntedienssentrums na behore opgelei is nie, sal die inisiatief van mnr. Dlabathi geen merkwaardige uitwerking hê nie.

Hiermee saam moet diegene wat verantwoordelik is vir rekeninge, ook toerekeningsvatbaar wees en ten alle tye beskikbaar wees om inwoners te help met die steeds groeiende uitdaging van verkeerde en onreëlmatige fakturering.

Die VF Plus word oorval met inwoners wat rekeningprobleme ondervind. Die party het die saak reeds herhaaldelik maar sonder sukses in raadsvergaderings geopper en dit selfs met die kliëntedienssentrums se bestuurders bespreek.

Die VF Plus hoop dat mnr. Dlabathi die saak as belangrik genoeg sal ag om die metro uit sy finansiële verknorsing te red.

In stede daarvan om inwoners te versoek om seker te maak dat hul rekeninge korrek is om ‘n kultuur van gereelde betaling te skep, moet die Ekurhuleni-metro ook verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aanvaar vir onreëlmatige faktuurkwessies.

Die amptenare moet inwoners help om hierdie kwessies op ‘n meer effektiewe en doeltreffende wyse op te los as wat tans die norm is.

Die VF Plus doen ‘n beroep op mnr. Dlabathi om inwoners nie net aan te moedig om hul rekeninge te betaal nie, maar ook om ‘n doeltreffende, moeitevrye en vinnige proses in werking te stel waarby rekeningnavrae binne ‘n redelike tydperk opgelos kan word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.