Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrouedag in Suid-Afrika bly belangrik om vroue te eer vir hul bydrae tot sinvolle en gesonde samelewing

Vrouedag in Suid-Afrika bied elke jaar ʼn belangrike en welkome geleentheid om die rol van vroue oor die volle spektrum van die vrou in die samelewing te belig.

Van sagte moederhande wat ’n kind met opregtheid kan troos en sy trane afvee, tot ʼn vrou wat in die beroepswêreld haar man op elke gebied kan staan.

Hierdie woordspeling is doelbewus gebruik om te wys dat ʼn vrou op geen gebied ʼn tree hoef terug te staan nie, met inagneming van die feit dat ʼn vrou se krag gesetel is in deernis en vroulikheid – supervermoëns waaroor geen man beskik nie.

Die viering van Vrouedag in Suid-Afrika, buiten internasionale Vrouedag op 8 Mei, wys reeds ʼn opregtheid om erkenning te gee aan die land se vroue.

Van vroue self is daar druk op die groter gemeenskap en die regering om daadwerklik op te tree om vroue en hul rol in die samelewing te beskerm en dat dit nie bloot kan manifesteer in ʼn enkele dag in die jaar sonder sigbare optrede nie.

Suid-Afrika is ʼn gewelddadige samelewing waar die rol van die vrou lank misken is.

Dit sou nogtans onregverdig wees om bloot terug te sit en te verwag dat die regering moet toesien dat vroue waarlik hul regmatige plek op elke gebied in die samelewing inneem.

Die saad van respek vir mekaar ontkiem in die ouerhuis. Daar moet dit gekoester word tot die vrug ʼn onlosmaaklike deel raak van die samelewing. Iets wat in die hart groei, kan nie weggeneem word nie.

Die doel van internasionale Vrouedag is om ʼn geleentheid te bied om vroue se prestasies te vier. Dit is reg so, maar dit moet veel meer wees.

Vir Suid-Afrika moet Vrouedag ʼn viering wees wat nie net erkenning gee aan prestasies nie, maar aan vroue se totale rol om ʼn sinvolle en gesonde samelewing te skep.

Dit moet gebruik word om te besin oor ʼn omgewing waarin elke vrou veilig en gekoester kan voel. Daarsonder kan geen samelewing funksioneer nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.