Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun idee van harde arbeid vir sekere kategorieë gevangenis

"Die VF Plus steun nog altyd die idee van harde arbeid vir gevangenes, veral dié wat aan meer ernstige misdade skuldig bevind is en stem daarom saam met die uitlatings van president Cyril Ramaphosa in dié verband," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die president het die afgelope naweek op ’n besoek aan die familie van die student Precious Ramabulana (21), wat in Mokomene in Limpopo vermoor is, gesê persone wat skuldig bevind word aan geweld teen vroue en kinders, moet harde arbeid verrig in gevanggenisskap.

 

"Die VF Plus sal wil sien dat nie net persone wat geweld teen vroue en kinders pleeg nie, maar alle geharde misdadigers wat ernstige oortredings begaan soos moord, verkragting en gewapende roof, nie in die tronk wees om die lewe daar te geniet nie."

 

"Hulle moet harde arbeid doen soos om onder meer hul eie kos te produseer sodat die belastingbetaler nie  boonop hoef te betaal vir duisende gewetenlose misdadigers se sorgelose verblyf in ‘n gevangenis nie.

"Ander voorsorgmaatreëls soos ‘n volledige register vir seksoortreders is wel belangrik, maar meer belangrik is dat ‘n gevangenis weer ‘n plek raak wat vrees inboesem en waar ware rehabilitasie kan plaasvind.

 

"Dit gebeur te veel dat persone wat ernstige misdade pleeg, dieselfde misdaad weer pleeg kort nadat hulle vrygelaat is. Dit skep ten regte die indruk dat ‘n gevangenisstraf geen doel dien as afskrikmiddel nie."

 

"Die VF Plus sal enige sinvolle en werkbare voorstel steun om strawwe arbeidsmaaatreëls vir sekere kategorieë gevangenes ingestel te kry.

"Die misdaadsyfer in Suid-Afrika is onaanvaarbaar hoog en veral die hoë voorkoms van ernstige geweldsmisdade skep die indruk dat misdadiger nie ontsag het vir die land se strafregstelsel nie. Dit moet verander," sê Groenewald.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.