fbpx
Vryheidsfront Plus

Lesufi se noodlyn vir seksueel geteisterde leerlinge werk nie

"Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het vandag tydens ‘n vraesessie in die Gautengse wetgewer aangedui dié departement het ‘n toegewyde noodnommer geskep vir leerlinge wat seksueel misbruik word – maar die nommer werk nie," sê Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter en LPW in Gauteng.

 

Die VF Plus het die nommer, 080 0555 555, getoets en dit buite werking gevind.

 

"Dit is onaanvaarbaar dat ‘n telefoonnommer met die doel om kinders te help, nie in werking is nie, maar as oplossing vir die probleem rondom die seksuele misbruik van kinders, in die wetgewer aangebied word. ‘n Mens sou verwag dat die departement self hul nommer eers sou toets voordat dit bekend gestel word.

 

"Dit is hierdie tipe onverskilligheid van die Gautengse onderwysdepartement wat leerlinge tot moedeloosheid stem omdat daar geen uitkoms is waar dringend hulp nodig is nie. Die VF Plus sal druk op die departement plaas om die probleem spoedig op te los." 

 

Lesufi kon nie aandui hoeveel leerlinge seksueel mishandel word deur mede-leerlinge nie. Volgens hom is die departement tans besig om die inligting van skole te ontvang. Hy kon wel die statistiek bekend maak van onderwysers wat leerlinge seksueel misbruik.  

Lesufi het erken die syfer is ‘n onderaanmelding en het leerlinge en skole aangemoedig om hierdie soort misdrywe by die polisie aan te meld.

 

"Wat wel bemoedigend is, is dat onderwysers wat reeds skuldig bevind is aan wangedrag teenoor leerlinge, op ‘n swartlys geplaas word en nie hul loopbaan as onderwyser kan voortsit nie. Dit is egter debatteerbaar hoe effektief die lys is.

"Die VF Plus het Lusufi ook gevra of die beplande seksuele voorligtingskurrikulum nie moontlik kan bydrae tot seksuele misbruik nie. Lesufi het aangedui dat die aanbieding van die kurrikulum deur ouderdom bepaal moet word en deur kundige onderwysers aangebied moet word.

"Die VF Plus sal die kurrikulum wat op die Gautengse onderwysdepartement se webwerf beskikbaar is, bestudeer vir die wenslikheid daarvan," sê Alberts.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.