Die VF Plus het nie die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se onbefondsde begroting vir die 2024/25-finansiële jaar gesteun nie.
Die ANC-beheerde munisipaliteit het die tariefverhogings goedgekeur wel wetende dat die munisipaliteit min of geen dienste in die volgende boekjaar sal kan lewer.
Die werkloosheidskoers in Emfuleni is 56,2% wat die voorgestelde invorderingskoers van 85% vir munisipale rekeninge onrealisties maak.
Die verhoogde tariewe is as volg:
Eiendomsbelasting – 4.9%
Elektrisiteit – 10.74%
Water – 5.9%
Vullisverwydering – 4.9%
Die enigste manier om die Emfuleni-munisipaliteit weer op sy voete te help, is om van die ANC in Gauteng ontslae te raak en te vervang met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.
Saam kan ons herstel en bou.