fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus slaan terug teen swak dienslewering in Limpopo

Die VF Plus slaan terug teen swak dienslewering in Limpopo en het verskeie klagtes by onder andere die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), polisie en Groen Skerpioene oor probleme in Limpopo aanhangig gemaak.

Die jongste klag is vandeesweek by die polisie in Thabazimbi teen die munisipale bestuurder, mnr. GT Ramagaga, aanhangig gemaak.  Dit handel oor onbehandelde riool wat vrylik by die Thabazimbi-rioolwerke in die Rooikuilspruit vloei.  Die Rooikuilspruit vloei in die Limpoporivier en veroorsaak wyer besoedeling van drinkwater vir beide mens en dier.

Vorige klagtes sluit in ‘n klag teen die Modimolle-Mookgopong-munisipale bestuur en die bestuur van die munisipale abattoir wat bloed, fetusse en ander afvalstowwe in die Nylrivier by Modimolle stort.  Die Groen Skerpioene het reeds die abattoir besoek en is besig om hul verslag saam te stel.

"‘n Klag wat by die polisie teen dieselfde munisipaliteit gelê is oor riool wat in ‘n veld by ‘n skool agter die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle uitloop, is reeds aangespreek en die lek, wat maande lank ‘n probleem was, is herstel," sê Marcelle Maritz, VF Plus leier in Limpopo.

"Die VF Plus het ook ‘n klag by die polisie en Groen Skerpioene ingedien teen die ontwikkelaar van Die Oog Aftree-landgoed oor rioolbesoedeling wat as gevolg van gebrekkige infrastruktuur toegelaat word om die onverstoord voort te gaan.  Ook hierdie klagte word aktief ondersoek.

"Die VF Plus sal voortgaan om swak dienslewering teen te staan tot voordeel van getroue belastingbetalers," Maritz.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.