fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Lesufi se erkenning oor onveilige skole in Gauteng

Die VF Plus verwelkom die erkenning van Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, dat talle skole in dié provinsie veiligheidsprobleme het en dat daar sowat 190 skole in Gauteng is wat daadwerklik aandag nodig het weens die swak toestand van hul infrastruktuur.

Lesufi het Donderdag in Randburg, tydens ‘n vergadering met skoolhoofde en beheerliggame oor gebrekkige infrastruktuur en instandhouding van skole in Gauteng, luidens ‘n mediaberig (Netwerk24) gesê “ons skole is rampe wat wag om te gebeur”.

Die VF Plus het kort na die Driehoek-tragedie in Vanderbijlpark die LUR en premier versoek om dringend strukturele ingenieurs na alle skole in Gauteng te stuur om infrastruktuur te ondersoek om sodoende verdere rampe wat moontlik kan plaasvind, te voorkom.

Intussen het ouers self ‘n skool in Elandspoort, Pretoria Wes, gesluit omdat die struktuur volgens hulle ‘n gevaar vir kinders inhou. Die VF Plus het ook die afgelope tyd verskeie klagte vanaf ouers in Gauteng en selfs die Vrystaat ontvang oor skole se infrastruktuur.

"Die VF Plus verwelkom ook Lesufi se aankondiging dat geld by die tesourie bekom sal word om skole te herstel en selfs oor te bou," sê Lihip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng.

Volgens die LUR is daar reeds 37 skole aangewys wat oorgebou gaan word. Alle skole ouer as 100 jaar sal onder die vergrootglas geplaas word, het Lesufi gesê.

"Die VF Plus is bereid om in hierdie saak saam met die LUR te werk en inligting waaroor die party beskik, aan hom te oorhandig in die belang van alle leerlinge se veiligheid," sê van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.