fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus slaag met mosie om vervalle infrastruktuur van Dipaleseng reg te laat ruk

Die VF Plus het met ‘n mosie tydens ‘n sitting van die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) daarin geslaag om die herstel van vervalle infrastruktuur hoog op die agenda te plaas.

Die party het onder meer daarin geslaag om die raad te oortuig dat die posisie van direkteur vir die departement van infrastruktuur, so gou as moontlik met ’n gekwalifiseerde persoon gevul moet word.

Die raad het verder ingestem dat die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit in die tussentyd van sy gekwalifiseerde ingenieurs moet afvaardig om Dipaleseng by te staan.

Die VF Plus dring ook daarop aan dat vakatures in die departement op meriete gevul moet word ongeag velkleur en toegerus word met die nodige toerusting.

Die party se mosie volg op ‘n erkenning van die munisipaliteit dat die departement van infrastruktuur, wat verantwoordelik is vir die voorsiening van drinkwater, kragtoevoer, die herstel van straatligte en instandhouding van rioolaanlegte, net 27% effektief presteer.

Die VF Plus sal die implementering van die regrukplan monitor om te verseker dienste word verbeter vir Dipaleseng se inwoners.

Die inwoners van dié munisipaliteit verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.