Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus se groei nie te danke aan ander partye se probleme

Die VF Plus neem kennis van die voorgenome bedanking van die huidige DA-leier, mnr. John Steenhuisen, en wens hom alles van die beste toe vir die toekoms.

Hierdie verwikkeling maak dit belangrik om daarop te wys dat die opspraakwekkende en toenemende groei van die VF Plus, waarvoor die party baie dankbaar is, nie gegrond is op die probleme of omstandighede van enige ander party nie, ook nie die DA nie.

Die VF Plus se groei is te danke aan die huidige posisionering van die party wat hoop en visie vir alle kiesers daarstel.

Dit is ook direk gekoppel aan die party se tromp-op opponering van die ANC se mislukte beleid en sy posisionering van Suid-Afrika in konflik met verskeie lande wat die land se aansien in die wêreld en belangrike handelsbetrekkinge in die gedrang bring.

Die VF Plus sal voortgaan om die ANC te opponeer en is die natuurlike tuiste van almal wat van Suid-Afrika ‘n sukses wil maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.