fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal Mahumapelo by sy beloftes oor korrupsiebekamping hou

Die VF Plus sê die premier van Noordwes, mnr. Supra Mahumapelo, se provinsiale openingsrede was vol mooi beloftes van leefstylondersoeke, bekamping van en ondersoeke na korrupsie, spoedige optrede teen amptenare en politici wat hulself aan sulke gedrag skuldig maak en vele meer en die VF Plus sal kyk of die premier sy beloftes nakom.

Mahumapelo het Vrydag sy provinsiale openingsrede in die styl van die president se staatsrede gelewer en het pres. Cyril Ramaphosa se riglyne vir die bekamping van korrupsie in die provinsie voorgeskryf.  Hy het egter nie ‘n keerdatum vir al sy bekampingsplanne gegee nie.

Volgens die premier sal leefstyl-oudits en ander ondersoeke na amptenare en politici in die provinsie gedoen word.

"Sonder ‘n daadwerklike plan met spertye, keerdatums, teikens en gevolge-bestuur is die premier se woorde en beloftes leeg"

 

"Leefstyloudits op wetgewerlede en ander senior amptenare sal glo binne veertien dae gedoen word, maar die beplande ondersoeke na ongerymdhede in onder meer die provinsiale departemente van gesondheid, onderwys, landbou en openbare werke het nie ‘n keerdatum of spertyd nie," sê Hannes Schutte, VF Plus-LPW: Noordwes-wetgewer

"So ook nie die forensiese ondersoeke na die finansiële welstand van plaaslike munisipaliteite wat Madibeng, Matlosana, JB Marks, Naledi, Mahikeng, Tswaing, Ramotshere, Ditsobotla, Dr. Kenneth Kaunda en Ngaka Modiri Molema insluit nie.

"Sonder ‘n daadwerklike plan met spertye, keerdatums, teikens en gevolge-bestuur is die premier se woorde en beloftes leeg," sê Schutte

Die VF Plus sal ‘n vraag aan die premier stel waarin hy sal moet antwoord oor ‘n daadwerklike plan met spertye teen wanneer sodanige ondersoeke uitgevoer en voltooi moet wees, asook wat die gevolge vir skuldiges sal wees. 

"Ons sal daarop aandring dat hierdie mooi beloftes voor die 2019-verkiesing voltrek moet wees en sal die vordering daarvan skerp dophou."

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.