fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus by weg van Ace se afskeidspartytjie

Die VF Plus is van mening dat Vrystaat se 2018-provinsiale rede niks minder sal wees nie as ‘n oordrewe afskeidspartytjie vir Ace Mahashule wat nie die ANC se mislukkings onder hom sal reflekteer nie.

Om hierdie rede sal die VF Plus die rede wat Disndagaand in Parys deur Magashule gelewer word, boikot. 

"Weens ernstige bewerings van staatskaping in die Estina-suiwelprojek, wat Magashule as premier goedgekeur het en wat hy sedert die projek se aanvang verdedig, is dit die VF Plus se siening dat hy eerder moet wegbly van enige Vrystaatse aangeleenthede," sê Tammy Wesse;s

"Dit is alom bekend dat Magashule teen die einde van Maart sal uittree as premier"

 

Wessels sê ‘n provinsiale rede kan nie deur ‘n individu gelewer word wat polities betrokke was by die sogenaamde ‘Dairygate-skandaal” en moontlik daardeur bevoordeel is nie.

"Magashule se nalatenskap as premier is nie een wat gevier kan word nie. Sy onvermoë om die provinsie tot voordeel van sy mense te regeer en talle bewerings van ongerymdhede in die provinsie het dié provinsie groot skade aangedoen.

"Vanjaar se rede moet fokus op kwessies soos werkloosheid, hoe die suiwelprojek aangespreek gaan word, hoe belastingbetalers se geld tot voordeel van die provinsie aangewend gaan word en nie net vir ‘n uitgesoekte politieke-elite nie, en hoe die Vrystaatse ekonomie verbeter gaan word deur volhoubare infrastruktuurontwikkeling, effektiewe munisipaliteite en regeringsdepartemente.

"Ongelukkig sal hierdie kwessies nie aangespreek word nie.

"Magashule gaan eerder die geleentheid misbruik om sy mislukkings te verdoesel soos hy probeer doen het met sy Dienslewerings-ekspo in Desember verlede jaar. Dit was duidelik ‘n vrugtelose, maar duur oefening wat bloot ontwerp is om die premier se beeld te poets.

"Die VF Plus ag vanjaar se rede daarom as ‘n vrugtelose oefening wat net vir Magashule sal bevoordeel.

"Dit is alom bekend dat Magashule teen die einde van Maart sal uittree as premier van die Vrystaat weens sy voltydse verpligtinge as sekretaris-generaal van die ANC.

"Dit maak ‘n provinsiale rede deur Magashule betekenisloos," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.