Daar is lig aan die einde van die lang donker tonnel wat die munisipale rekening-situasie in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit betref.
Die munisipaliteit wat Orkney, Stilfontein, Hartebeesfontein en Klerksdorp bedien het vanweë druk van oppossisiepartye soos die VF Plus besluit om die 70/30-beleid vir een maand op te hef om verbruikers in staat te stel om hul agterstallige rekeninge, veral die wat ontstaan het weens foutiewe rekeninge, op datum te bring.
Die VF Plus het ook die volgende namens die verbruikers van Matlosana onderhandel:
Die VF Plus benadruk dat hierdie reëling sal geld slegs tot einde Mei 2018 en dat enige rekeninge wat daarna steeds agterstallig is se rente gehef sal word terugwerkend tot Julie 2017, waarna die normale prosedures vir invordering sal geld.
Die VF Plus het ook versoek dat al die betaalpunttoonbanke elke dag vir die volgende twee maande deur amptenare beman word en dat ‘n behoorlike inligtings- en hulptoonbank opgerig word om verbruikers by te staan met navrae en rekeningprobleme.
Die VF Plus nooi alle verbruikers uit om, indien hul voel dat hul rekening steeds foutief is, die party se provinsiale kantoor by (018) 484-1086 te kontak vir bystand.