Die VF Plus het tydens ‘n sitting van die nasionale raad van provinsies ‘n mosie ingedien om die regering se beleid van regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtigingsbeleid (SEB), te debatteer.
"Die sogenaamde ‘braindrain’ of kundiges wat Suid-Afrika verlaat, verwoes die ekonomie. Dié gebrek aan kundigheid is besig om die ekonomie lam te lê. Die krisis by Eskom en munisipaliteite is die direkte gevolg van onbevoegde amptenary wat op grond van rasgegronde beleid aangestel is," sê Armand Cloete, VF Plus-LP en lid van die NRP.
"Dit word bevestig deur uitsprake die afgelope week deur die Capitec se hoof-uitvoerende beampte, Gerrie Fourie, dat SEB net ‘n sekere elite bevoordeel."
"Swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie lei nie tot ‘n inklusiewe ekonomie nie.
"Die VF Plus sal aanhou terugslaan teen die rasgegronde wetgewing van die ANC wat die land se ekonomie enorme skade berokken," sê Cloete.