Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug vier nie oppervlakkig Jeugdag nie

"Die ANC-regering hou die jeug van vandag gyselaar en daarom herdenk die VF Plus-jeug nie op hierdie dag Jeugdag nie. Die VF Plus-jeug kan hom nie verbind tot ‘n edelheidsvertoon ten opsigte van Jeugdag nie, aangesien dit in die huidige politieke klimaat beslis nie ‘n viering is nie," sê Tammy Breedt, VF Plus-LP en nasionale jeugleier.

"Die ANC-regering gebruik Jeugdag jaar na jaar as rookskerm vir sy eie tekortkominge sonder om ‘n werklike positiewe verskil in die lewensbestaan van die jeug teweeg te bring. Tans is 58% van alle jeugdiges werkloos.

 

"Die regering misbruik vandag weereens vir propaganda en hou hom besig met verdelende politieke stellings. Afrikaner-jeug word herhaaldelik afgebreek met stellings wat bepaal dat ons taal en kultuur dié van die onderdrukker is en dat ons nie ware landsburgers is nie."

 

 

"Afrikaner-jeug word deur middel van die huidige skolekurrikulum geleer dat dit ‘n skande is om trots te wees op hul geskiedenis.

"Die jeug van minderhede word blatant uitgesluit op grond van velkleur wanneer hul aansoek doen om beurse vir tersiêre onderrig en word verder uitgesluit met universiteitstoelating, ook op grond van ras.

 

"Die VF Plus-jeug wil deel wees van die toekoms en vooruitgang van Suid-Afrika. Ons soek ware eenheid in ons diversiteit en eis gelyke geleenthede vir almal. Ons vra nie beter behandeling nie. Ons vra vir gelyke behandeling."

 

"Alhoewel Suid-Afrika lesse uit die geskiedenis moet leer, moet daar nou gefokus word op die hede en die toekoms. Die verlede kry die skuld vir alles sonder enige verantwoordbaarheid vir die regering se huidige tekortkominge en mislukkings.

"Totdat die regering werklik na die behoeftes en belange van die jeug omsien kan die VF Plus-jeug hom nie verbind tot ‘n dag van oppervlakkige vieringe nie," sê Breedt.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.