Die VF Plus-jeug in Noordwes het gister met Jeugdag ‘n besoek aan die Matlosana-dierehawe in Klerksdorp gebring en ‘n provinsiale projek geloods om dierehawens regoor die provinsie by te staan om die lyding van troeteldiere te verlig.
Die projek vorm deel van die VF Plus se nasionale jeugveldtog om ‘n verskeidenheid gemeenskapsprojekte te loods om verligting in gemeenskappe te bring tydens die Covid-19-pandemie.
Troeteldierhawens in Noordwes ervaar ‘n geruime tyd reeds enorme druk weens die feit dat ‘n groot aantal troeteldier-eienaars hul inkomste verloor het en nie meer hul diere kan versorg nie.
Benewens ‘n fondsinsamelingsprojek, gaan die VF Plus-jeug in die provinsie ook oor die volgende twee weke kos en komberse insamel om die dierehawens by te staan.
Die VF Plus-jeug doen ‘n beroep op alle gemeenskappe in Noordwes om die projek te ondersteun.
Lede van die publiek en enige borg wat die projek wil ondersteun, kan vir Lee-Ann Scott skakel op 076 022 7196 om reëlings te tref.
Navrae: 076 022 7196