Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Tshwane-metroraad stel inwoners se veiligheid voorop

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad stel inwoners se veiligheid voorop en het daarom verskeie aksies tesame met gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s) buurtwagte, die polisie en die Tshwane-metropolisie (TMPD) geloods om misdadige elemente in die metro uit te roei.

Die VF Plus sal hiermee voortgaan en beplan onder meer ’n hersiening van die metroraad se polisiëringsplan en ‘n veldtog word binnekort geloods om ook die wydverspreide korrupsie in die TMPD aan te spreek.

Verskeie TMPD-beamptes is onlangs in hegtenis geneem in verband met afpersing en intimidasie en is sal dissiplinêr verhoor word.

Daarbenewens sal die VF Plus verseker dat die metro se verordeninge behoorlik toegepas word en die onwettige besetting van privaat- en staatsgrond gestuit word.

Die VF Plus is nie gekant teen beplande verstedeliking nie, maar die wanordelike besetting van grond en opskiet van informele nedersettings, waarvan daar tans 200 in die Tshwane-metro is, kan nie toegelaat word nie.

Die TMPD patrolleer gereeld die informele nedersettings van Wolwespruit in Erasmuskloof en Plastic View in Moreletapark om onder meer dwelm- en onwettige drankhandel en die verkoop van gesteelde goedere stop te sit.

Hierdie onwettige aktiwiteite raak nie net die gemeenskappe rondom die nedersettings negatief nie, maar ook die wetsgehoorsame inwoners van die betrokke nedersettings.

Net sowat 20% van die inwoners van hierdie informele nedersettings is Suid-Afrikaanse burgers en vir hulle is daar reeds alternatiewe grond geïdentifiseer vir behuising. Die res is meesal onwettige immigrante en die metro sal met die departement van binnelandse sake saamwerk om ‘n oplossing vir die probleem te vind.

Die VF Plus sal voortgaan om in samewerking met gemeenskappe en ander belangeorganisasies die Tshwane-metro te omskep in ‘n veilige omgewing om te woon en werk vir al sy inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.