Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gereed om opposisierol in Tshwane te vervul

Die VF Plus is gereed om sy opposisierol in die Tshwane-metroraad te vervul en sal nie deel vorm van die regerende ANC/EFF/ActionSA-koalisie nie.

Die party sal wel een van sy raadslede beskikbaar stel om as voorsitter van die metro se openbare rekeningekomitee (MPAC) te dien.

ʼn Opposisieparty vervul in die meeste gevalle dié rol op al drie regeringsfere.

Die VF Plus is daartoe verbind om korrupsie en die wanbestuur van belastingbetalersgeld te beveg en as voorsitter van MPAC sal dit die party meer tande gee om sy waghondrol te vervul.

Die party beklee tans as opposisie vyf voorsittersposte van artikel 79-oorsigkomitees. Raadslede van ander opposisiepartye, insluitend dié van die DA, dien ook steeds as voorsitters van sekere oorsigkomitees.

Indien die nuwe regerende koalisie besluit om die bestaande voorsitters te vervang, sal die VF Plus steeds as gewone komiteelede in die beste belang van Tshwane se inwoners optree.

Die VF Plus is verbind tot ʼn skoon en korrupsievrye regering en sal voortbou om inwoners met integriteit te dien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.