fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gaan Tshwane-metro se finansiële omkeerstrategie hersien

Die VF Plus, as koalisievennoot in die Tshwane-metroraad en as voorsitter van die finansiële komitee, gaan die metro se finansiële omkeerstrategie hersien om te voorkom dat daar weer ‘n fiasko ontstaan soos met die Eskom-betaling.

Die metro se finansies het onlangs onder druk gekom toe Eskom bekend gemaak het dat die metro ‘n bedrag van R908 miljoen aan hom verskuldig is en dat die metro nie daarin kon slaag om die volle uitstaande bedrag te vereffen nie.

Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Peter Sutton, het tydens ‘n vergadering met die VF Plus onderneem om die uitstaande bedrag vandag, 7 Julie, te vereffen.

Die VF Plus het intussen bevestiging ontvang dat 'n bedrag van R876,296,947 wel vandag aan Eskom oorbetaal is.

Die VF Plus het ook tydens die vergadering sy voorneme bekend gemaak om die finansiële omkeerstrategie van die metro te hersien wat ‘n omvattende proses sal wees om probleme te identifiseer, oplossing voor te stel, prioriteite te bepaal, verantwoordelike persone aan te wys en tydlyne te bepaal.

Die party steun die aggressiewe invorderingsstrategie wat tans gevolg word met die #TshwaneYaTima-veldtog, veral waar regeringsdepartemente die metro miljoene rande skuld.

Die VF Plus sal as betroubare koalisievennoot sy kundigheid verleen om te verseker dat die metro op ‘n volhoubare wyse funksioneer tot voordeel van die inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.