Die VF Plus dring daarop aan dat die Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit dringend ondersoek instel na die watervermorsing by Bethlehem se watersuiweringsaanleg.
Skoon drinkwater gaan tans verlore in hierdie kritieke tydperk van waterbeperkings.
Alhoewel die burgemeesterskomiteelid van infrastruktuur, Jane Twala, beweer dat dit fonteinwater is, is die VF Plus nie so oortuig daarvan nie en sal aandring dat die munisipaliteit se infrastruktuurkomitee die saak dringend ondersoek.
Bethlehem en omliggende gebiede verkeer onder druk weens die Hooglandwaterskema wat gesluit is vir roetine instandhouding.
Die munisipaliteit moet alles in sy vermoë doen om toe te sien dat watertekorte nie in hierdie tydperk inwoners se krane laat leeg loop nie.


