fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus doen beroep op inwoners van Centurion om boomtakke te snoei wat aan kragkabels raak

Die VF Plus doen ‘n beroep op die inwoners van veral Centurion in die Tshwane-metro om boomtakke wat vanuit hul erwe aan oorhoofse kragkabels raak, te snoei om kragonderbrekings te voorkom.

Groot gedeeltes van Centurion is Woensdag sonder krag gelaat weens oorhangende boomtakke wat aan kragkabels raak.

Die metro is verantwoordelik vir die snoei van bome op sypaadjies en langs paaie wat kragonderbrekings kan veroorsaak.

Inwoners kan kragonderbrekings by die Tshwane-metro se kragafdeling aanmeld by 060 449 044 of ‘n e-pos stuur aan Lenor Janse van Rensburg by lenorjvr@tshwane.gov.za.

Die koalisie-regering in die Tshwane-metro, waarvan die VF Plus deel is, het met die onlangse aansuiweringsbegroting seker gemaak dat fondse beskikbaar gestel word vir die instandhouding van kritieke infrastruktuur om ‘n beter diens aan inwoners te lewer.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.