Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Steve Tshwete-munisipaliteit kan nie langer kniebuig voor stakende werkers en moet nou optree

Die VF Plus dring daarop aan dat die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) ‘n ultimatum aan stakende munisipale werkers stel om dadelik terug te keer werk toe of om die gevaar te loop om afgedank te word.

Stakende werkers het die munisipaliteit op sy knieë met hul onredelike eise, vernietiging van infrastruktuur en weiering om dienste te lewer.

Dit is ‘n hartseer dag as stakende munisipale werkers aanstellings op munisipale vlak en salarisskale dikteer en dit as onderhandelingsmiddel misbruik.

Die munisipale bestuurder, adv. Bheki Khenisa, het reeds bedank op hul aandrang, maar steeds weier die werkers om terug te keer werk toe indien hy sy kennismaand vanuit sy kantoor werk.

Die VF Plus is van mening dat bewerings van werkers dat Khenisa by ongerymdhede betrokke was, ‘n blote rookskerm was om van hom ontslae te raak aangesien die stakende werkers na vele versoeke nog geen bewyse kon voorlê van die beweerde ongerymdhede nie.

Intussen is dit onskuldige inwoners en selfs skoolkinders wat ly onder die stakers se intimidasie en die beskadiging van kritieke infrastruktuur.

Vrydagoggend het riool oor 'n plaaslike skool se terrein gevloei wat 'n gesondheidsgevaar vir die kinders inhou.

Die krisis in die munisipaliteit kan nie langer voortduur nie en moet dringend in bedwang gebring word.

Die VF Plus se LPW in die Mpumalanga-wetgewer, mnr. Werner Weber, sal in die komende week praat met die LUR’e vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Busisiwe Shiba, en gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, om ‘n oplossing te vind vir die voortslepende krisis.

Die VF Plus het reeds die humanitere krisis wat besig is om te ontvou in die munisipaliteit onder die aandag van die menseregtekommissie (MRK) gebring.

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.