fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag by MRK in teen Malema en EFF-ondersteuners oor “Kill the Boer”-lied op Senekal

"Die VF Plus veroordeel EFF-ondersteuners se gebruik van die “Kill the Boer”-lied vandag op Senekal ten sterkste en het ‘n klag daaroor teen die betrokke ondersteuners en teen Julius Malema, leier van die EFF, ingedien by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie," sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

"Hierdie soort gedrag is onaanvaarbaar. Plaasmoorde is ‘n realiteit en dit is hierdie soort onverantwoordelike uitlatings en aanhitsing wat sonder enige twyfel ‘n rol speel in plaasaanvalle en -moord.

"Die VF Plus het reeds in 2003 daarin geslaag om deur die MRK die sing van die lied tot haatspraak te laat verklaar.

 

"Julius Malema word persoonlik ook aanspreeklik gehou omdat hy openlik haat en geweld predik. Hy het voor vandag se hofsaak op Senekal selfs ‘n burgeroorlog openlik goedgepraat."

 

"Hierdie aanhitsing lei daartoe dat ondersteuners opgesweep word tot aksie soos onlangs gesien is met die landwye Clicks-protesaksies."

"Julius Malema is nie verhewe bo die reg nie en die tyd het aangebreek dat daar teen hom opgetree word in die belang van almal in die land," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.