fbpx
Vryheidsfront Plus

Verwaarlosing van Germiston lei tot groot watertekort

Die ANC-regering in die Ekurhuleni-metro se verwaarlosing van kritieke infrastruktuur is die oorsaak van Germiston se watertekort.

Die versuim om Germiston se waternetwerk in stand te hou en op te gradeer, het nou daartoe aanleiding gegee dat die reservoir wat Wadeville en Roodekop bedien, se watervlak nie meer as 7% bereik nie.

Die metro het daarom nou daaglikse watervermindering vanaf 07:00 tot 17:00 ingestel vanaf 3 September tot die einde van hierdie maand om só te probeer om die watervlak in die reservoir te verhoog.

Dit is onaanvaarbaar dat die inwoners van Germiston gestraf word vir die laksheid van Ekurhuleni om sy infrastruktuur te onderhou.

Die VF Plus het in ʼn brief aan die burgemeesterskomiteelid van water en sanitasie, Thembi Msane en die departementshoof, Thokozani Maseko, die volgende versoek: 

•             ʼn Onmiddellike infrastruktuur-oudit van Germiston se waterinfrastruktuur om stukkende waterpype te identifiseer.

•             Die mobilisering van vaardige noodherstelplanne om ernstige groot stukkende waterpype te herstel in stede daarvan om kitsoplossings te soek.

•             Die metro se verbinding tot ʼn omvattende opknappingsplan van die verouderde waterinfrastruktuur met behoorlike befondsing en tydlyne. ʼn Aggressiewe vervangingsplan moet in werking gestel word om pype, pompe en reservoirs te herstel en te vervang wat in dekades nie onderhou is nie.

•             Ekurhuleni-metro moet ʼn duidelike en openbare verslag lewer oor die vordering van herstelwerk en beplanning. Geen geheimhouding of verskoning sal aanvaar word nie.

•             Die implementering van behoorlike ruimtelike beplanning en volhoubare waterhulpbronbestuur om te verseker dat Germiston se inwoners toegang het tot betroubare watervoorsiening. Geen rantsoenering is aanvaarbaar nie. 

Die ANC se mislukte bestuur van Ekurhuleni het ʼn nalatingskap van verval gelaat en dit is tyd dat hy aanspreeklik gehou word.

Die VF Plus sal nie ophou om druk op die metro toe te pas om sy verpligtinge teenoor Germiston en ander dorpe se inwoners na te kom nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.