Die VF Plus het die Merafong-plaaslike munisipaliteit se munisipale bestuurder, Dumisani Mabuza, versoek om te sorg dat inwoners se munisipale diensterekeninge korrek uitgestuur word om verwarring te voorkom.
Inwoners van Merafong (Carletonville, Fochville, Wedela) is maande gelede versoek om self hul water- en elektrisiteitslesings per e-pos aan die munisipaliteit te stuur sodat rekeninge verwerk kan word.
DiΓ© reΓ«ling is getref nadat die maatskappy wat verantwoordelik was vir meterlesings en die saamstel van rekeninge, se kontrak in Desember verval het.
Dit het egter Ε Babelse verwarring veroorsaak en inwoners ontvang al vir maande reeds foutiewe rekeninge wat nie ooreenstem met die lesings wat hulle aangestuur het nie.
Rekeninge wissel van R16 tot R6 000 000 vir water- en kragverbruik. Dit is veral bejaardes wat hoΓ« rekeninge ontvang.
Die VF Plus moedig inwoners aan om voort te gaan en lesings aan die munisipaliteit te stuur sodat hulle Ε bewys van hul lesings het indien daar dispute ontstaan.
Die inligting, tesame met die rekeninghouer se huisadres, kontaknommer en Ε foto van die lesing asook die datum waarop die foto geneem is, kan aan readings@merafong.gov.za gestuur word.
Intussen sal die VF Plus druk op die munisipaliteit plaas om sy sokkies op te trek en korrekte rekeninge aan inwoners te verskaf.