Voortdurende druk van die VF Plus in die Lekwa-plaaslike munisipaliteit (Morgenzon, Standerton) het daartoe gelei dat die rioolkrisis in Charl Cilliersstraat in Standerton na maande eindelik aandag geniet.
Die munisipaliteit het vandeesmaand begin om die ou rioolpype met nuwe infrastruktuur te vervang.
Die VF Plus verwelkom hierdie langtermynoplossing nadat dreine vir etlike maande oorvloei het weens blokkasies. Dit was βn groot kommer en gesondheidsgevaar vir die gemeenskap aangesien rou riool gereeld in die strate afgespoel en selfs erwe binnegestroom het.
Ten spyte van herhaaldelike klagtes van sowel inwoners as die VF Plus, het die munisipaliteit voorheen net tydelike oplossings in werking gestel. Dit het telkemale slegs tydelike verligting gebring voordat die probleem weer opgeduik het.
Die situasie het βn onaanvaarbare vlak bereik en die VF Plus het die probleem geΓ«skaleer na die munisipale bestuurder, mnr. Malosi Lamola.
Alhoewel die VF Plus se volgehoue druk vrugte afgewerp het, sal die party die vordering noukeurig monitor om te verseker dat die werk volgens die hoogste standaard voltooi word.