fbpx
Vryheidsfront Plus

Eskom lê beslag op Emfuleni se bankrekeninge oor skuld

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) wat berug is vir sy wanfunksionaliteit, het ʼn nuwe laagtepunt bereik toe Eskom vandeesweek op sy vier bankrekening beslag gelê het.

Die optrede was vir uitstaande historiese skuld van R8 miljard.

Dié stap volg op Emfuleni se versuim om sy skuldverligtingsooreenkoms wat die nasionale tesourie (NT) met Eskom goedgekeur het, na te kom.

Die bedrag van R8 miljard is sowat 10% van die R82 miljard wat die munisipaliteit sedert 2018 aan Eskom skuld.

Die munisipaliteit was ook oor jare in vele hofgedinge met Eskom gewikkel wat nie net gelei het tot die ophoping van sy skuld aan Eskom nie, maar wat ook groot regsonkostes tot gevolg gehad het.

Grootmaat diensverskaffers se beslaglegging op Emfuleni se bankrekeninge vind reeds vir jare plaas.

So het Randwater al verskeie keer beslag gelê op die munisipaliteit se bankrekeninge en roerende bates.

Die Gauteng-regering het Emfuleni vanaf Mei 2018 tot September 2023 onder gedeeltelike administrasie geplaas, maar dit het nie hond haaraf gemaak nie.

Die VF Plus het die burgemeesterskomiteelid vir finansies, mnr. Hassan Mako, versoek om die munisipaliteit se skuldprobleem dringend aan te spreek.

Inwoners kan nie langer gestraf word vir die ANC se mislukte bestuur van Emfuleni nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.